In die oomblik


Desember 2008

Agter jou gedagtes wat nooit ophou om met jou – of namens jou – te praat nie…

En agter jou emosies wat saam met jou gedagtes hardloop…

Is daar iewers ‘n stukkie JY…

En daardie stukkie JY is onafhanklik van jou gedagtes en onafhanklik van jou emosies…

Dit is jou LEWE – jou koppeling met jou Oorsprong – jou Ewigheid…

Wat niemand van jou af kan wegneem of verander nie.

Vergeet van die verlede… en vergeet van die toekoms … en word bewus van die OOMBLIK waarin jy jou nou bevind, want geen ander oomblik is so belangrik soos juis hierdie een nie…

Elke oomblik wat jy beleef, is ‘n stukkie NOU – dis al wat werklik tel.

Wat maak jy met hierdie oomblik?

Dit hang van jou af.

Jy kan in hierdie oomblik soos ‘n bewustelose mens aankarring en dalk ander mense en jouself ongelukkig bly maak. Of jy kan in hierdie oomblik bewus raak van jou teenwoordigheid in GOD se Ewige Lewe (ja ek stel dit bietjie anders vir ‘n rede)…

En vir altyd ‘n waarnemer word van die effek hiervan in jou en ander om jou se lewens.

Ek mag Hom vra dat hierdie oomblik en Kersfees 2008 vir jou ‘n lewensveranderende periode sal wees…

‘n Oomblik waarvan die effek nooit sal ophou nie…

Dit is ons hartewens vir almal wat op een-of-ander manier met ons ‘n pad gekruis het.

Met opregte dank vir julle betrokkenheid in ons lewens.

#Yearend

Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

WEBSITE MAINTENANCE: DeodataDigital.co.za

LBurmeister Ondernemings CC (LBO-Trio / Sure-Enough) Authorised FSP (FSP 3186)

Shortterm Insurance & Medical Schemes: Tel 017-8195299/88 / 017-8197779

Postnet Suite 979, P/Bag X9013, Ermelo, 2350 | Heide Avenue 22, Ermelo, 2351