Dinge wat mooi is


Desember 2010

In die Hoëveld is dit moontlik om Desembermaande tjoepstil by die huis te bly en jouself te verlustig in reënerige oomblikke wat afgewissel word met die heerlikste sonskyndae vol van natuurlike vrolikheid:

Voëltjies wat hulleself in waterbakkies bad en dan hul veertjies rondskud om weer vinnig droog te word.

Maklik is dit om ‘n vuurtjie aan te steek en ‘n vleisie te skroei terwyl die gedagtes sommer so tussen die geselskappe deur met jou ver begin loop.

Die sterre is nog daar bo… miljoene daarvan.

Die maan gly steeds elke aand stil van die een kant van die hemelruim na die ander.

Die son blink nog wanneer dit in die oggend oor die buurman se muur in jou spieël weerkaats.

Jy dink in hierdie tyd aan die voorreg van lewe.

Jy maak vrede met dit wat tot nou toe vir jou stresvol was.

Jy laat toe dat daar by jou ‘n positiewe verwagting ontstaan vir 2011.

Jy besef dat jy in alles afhanklik is van ‘n Goeie Gewer.

Daar kom vir jou aangename tye saam met jou gesin of vriende.

Daar kom vir jou ‘n alleen oomblik wanneer Betlehem-ster-herinneringe jou ‘n traan in jou oog sal gee.

Dit is nou nege uur in die aand en alles hier buite is klaar stil soos wat mense in die buurt hulleself reggemaak het vir die nag se rus.

Dit is vanaand ‘n Stille Nag.

Verbeel ek my of is daar ‘n klop…

Ek wens vir jou:

Godsbegrip

Genade

Geliefdes

Koester jouself

Koester jou geliefdes

Koester jou ervaring van God in 2011

Ek sien uit om saam met julle die uitdagings van ‘n nuwe jaar aan te durf.

Vertel my asb. wat die lewe met julle aanvang en hoe julle dit hanteer.

Ek wil ‘n boek skryf.

#Yearend

Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

WEBSITE MAINTENANCE: DeodataDigital.co.za

LBurmeister Ondernemings CC (LBO-Trio / Sure-Enough) Authorised FSP (FSP 3186)

Shortterm Insurance & Medical Schemes: Tel 017-8195299/88 / 017-8197779

Postnet Suite 979, P/Bag X9013, Ermelo, 2350 | Heide Avenue 22, Ermelo, 2351